Teksgrootte
← Terug na alle stukkies

Woordgedagte vir die week.


Hoe akkuraat is die Bybelse teks wat ons vandag lees?

(Kort opsommende gedagtes uit hoofstuk 3 van Lee Strobel se boek: The Case for Christ)

Ons weet dat die Bybel se tekste met die hand oorgeskryf is. Hoe kan ons weet dat dit nog die oorspronklike tekste is wat ons vandag in ons Bybel lees? Daar is al baie afskrifte opgegrawe en vergelyk uit verskillende lande. Hierdie afskrifte kom ooreen. Daar bestaan kommentare wat die vroëkerkvaders geskryf het, wat die teks van die Bybel bespreek. Dit is korrekte aanhalings. Ons weet daar is reeds meer as 5850 afskrifte van Nuwe Testamentiese boeke beskikbaar. Ons het afskrifte van dele van die Nuwe testamens wat so oud is ongeveer 120 na Christus. Meeste van die boeke in die Nuwe Taestament was reeds bekend teen 200 na Christus.

Wanneer jy na ander dokumente (die Bybel uitgesluit) uit die tyd van die finale ontstaan van die Bybel kyk, is die tydsverloop byna 3 keer langer en die afskrifte weglaatbaar teen die Bybel se afskrifte. Deur tekskritiek kan ons dus bevind dat die Bybel wat ek en jy lees, BAIE betroubaar is, die teks korrek weergegee word en die dissipline van navorsing gaan steeds voort in ons dag.

(As jy meer wil weet, lees Lee Strobel se boek: The Case for Christ.)